Gallery Update
HESSEQUA NUUS - Die afgelope naweek was die eerste van twee langnaweke kort na mekaar - en ongelukke het reeds in die Hessequa-streek begin toeneem.
Gelukkig is niemand noodlottig beseer nie, maar een persoon is wel ernstig beseer terwyl die ander, wat in onderskeie botsings betrokke was, ligte beserings opgedoen het.
Foto's: 2 Botsings buite Heidelberg
Op Saterdag, 20 Maart het 'n swart BMW met 'n vragmotor op die N2/Heidelberg/Barrydale-afdraai gebots. Na bewering het die bestuurder van die BMW voor die trok ingedraai. Sover bekend, is niemand beseer nie.
In 'n ander voorval wat laat Sondagmiddag, 21 Maart net buite Heidelberg op die N2 gebeur het, het die drie insittendes van 'n wit Corsabakkie ernstige beserings vrygespring toe 'n Fortuner hulle getref het toe laasgenoemde die bakkie probeer verbysteek.
Die Corsa is van die pad af gedwing, maar die bestuurder, sy vrou en hul kind van Swellendam het gelukkig net ligte beserings opgedoen. Die voorval het net na 18:15, sowat 5km buite Heidelberg rigting Swellendam plaasgevind.
Die bestuurder van die Fortuner, 'n jongman van Heidelberg is op die toneel in hegtenis geneem en van bestuur onder die invloed van sterk drank aangekla. Twee ander mans, asook drie vrouens was saam met hom in die voertuig.
Volgens inligting verskaf het die drie vroulike passasiers van die toneel gevlug toe die motor tot stilstand kom. Die jongman het glo ook probeer wegkom, maar is deur verbygangers verhoed.
In nog 'n voorval, op Maandagoggend het twee bakkies tromp-op gebots. Dit het net na 09:00, sowat 25km buite Heidelberg op die Skeidingpad gebeur.
Volgens ao Alroy Windvogel, Heidelberg-polisie se kommunikasiebeampte het die voertuie van teenoorgestelde rigtings gekom toe hulle glo beheer in 'n draai op die gruispad verloor het.
Die impak het die Toyota Hilux-bakkie wat vanaf Slangrivier na Suurbraak onderweg was, laat rol. Die bestuurder, 'n jong vrou wat 'n naburige plaas bestuur en haar manlike passasier, 'n werker, het ligte beserings opgedoen.
Die twee insittendes van die Nissanbakkie wat vanaf Suurbraak na Slangrivier op pad was, is glo broers woonagtig in Suurbraak. Die bestuurder is redelik erg beseer en is in Riversdal-hospitaal opgeneem. Hy het 'n gebreekte been, enkel en gewrig opgedoen.
Sy broer en die ander twee passasiers is na behandeling uit die hospitaal ontslaan.
Volgens inligting het die plaasbestuurder van die plaas Fairview, vroeër die oggend van die werker vergeet toe sy die ander werkers op Slangrivier gaan haal het. Sy het en teruggekeer het om hom te kry.
Die polisie kon nog nie die klag/tes bevestig nie.
Die erg beskadigde Corsa-bakkie. Foto's verskaf
Die botsing was die eerste van 'n hele paar wat oor die langnaweek plaasgevind het.
Hierdie Nissan-bakkie sal heel waarskynlik afgeskryf moet word.
Vorige artikel: Noue ontkomings na botsings
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'