Gallery
HEIDELBERG NUUS - Die insittendes van vier voertuie het noue ontkomings gehad toe hulle in twee verskillende ongeluk betrokke was.
In die eerste voorval wat laat Sondagmiddag, 21 Maart net buite Heidelberg op die N2 gebeur het, het ‘n Fortuner ‘n Corsa-bakkie verbygesteek maar glo te vinnig ingeswaai. Die Corsa is van die pad gedwing.
In die tweede voorval Maandagoggend het twee bakkies tromp-op gebots. Dit het net na 09:00, sowat 25km buite Heidelberg op die Skeidingpad gebeur.
Foto's: 2 Botsings buite Heidelberg
Die bestuurder en haar manlike passasier het ligte beserings opgedoen.
Die bestuurder van die Nissan-bakkie is redelik erg beseer en is in Riversdal-hospitaal opgeneem. Sy drie passasiers is na behandeling uit die hospitaal ontslaan.
Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'