Video
STILBAAI NUUS - 'n Projek vir die beveiliging van Jongensfontein, Stilbaai en Melkhoutfontein nader voltooiing met die aanbring van sekerheidskameras by Melkhoutfontein.
Die inisiatief wat enkele jare gelede by die Stilbaai-sakekamer ontstaan het, het sedertdien 15 sekuriteitskameras opgelewer. Die data wat dié oorsigtelike en voertuiguitkenningskameras opneem is vir die polisie en buurtwagte onontbeerlike hulpmiddels in die uitvoering van hul taak.
Archie van Dyke van Stilbaai was van die begin af betrokke en het groot waardering vir al die individue en organisasies wat deur hul ruim bydraes die kameras moontlik gemaak het.
Van Dyke bedank die Hessequa-munisipaliteit en veral die uitvoerende burgemeester Grant Riddles vir hul bystand om die projek te laat slaag. Hy vertel dat elke nuwe installasie 'n spanpoging tussen die munisipaliteit se tegniese en verrkeersafdeling en die polisie was.
Na 'n nuwe potensiële kamerapunt identifiseer word, moet al die partye die ligging goedkeur. Dan moet elektrisiteit aangelê word, wat dikwels meebring dat dat die pale moet skuif.
Volgens Van Dyke het die tegniese dienste-afdeling onder leiding van Harold Basson en die verkeersafdeling met Adneshell Voss aan die spits, moeite gedoen om die nodige hulp te verleen.
Kyk 'n video hieronder
Die Stilbaai Lions-klub kon uit geld wat tydens Touchies en die voedsel- en wynfees ingesamel is, 'n groot geldelike bydrae vir die nuutste kameras maak. Cliff Marais, koördineerder van die Preekstoel-buurtwag, het op sy eie ook geld by Preekstoel-inwoners ingesamel en Rafiek Mhatey, Verno Treu, Edgar Matthysen, Nico en Elma van Heerden, Ashley en Renèe Abdul en Leslie en Rose Damon het almal bygedra.
Hessequa-munisipaliteit het ook finansieel bygedra.
Whispernet verskaf gratis Wi-Fi en Coastal Security stel hul geriewe vir die opname en berging van die oorsigbeeldmateriaal gratis beskikbaar.
Tydens die volgende fase sal die kameras na die landelike gebiede uitgebrei word.
IN SHORT
A community safety project which was started by the Stilbaai Business Chamber a few years ago, is nearing completion with the installation of the last two license plate recognition cameras at Melkhoutfontein. According to Archie van Dyke, the driver of the project, the Hessequa municipality, as well as various individuals and organisations helped fund the installations. The Stilbaai Lions Club, as well as individuals from Preekstoel, also donated a substantial amount towards the last cameras.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'