MELKHOUTFONTEIN NUUS - Die laaste twee sekuriteitskameras in ’n projek wat enkele jare gelede op inisiatief van die Stilbaai-sakekamer ontstaan het, is onlangs in Melkhoutfontein geïnstalleer.
Archie van Dyke wat van die begin af betrokke was het baie waardering vir die gladde samewerking met die Hessequa-munisipaliteit.
Daar was ook finansiëel ruim deur individue en organisasies soos die Stilbaai Lions-klub bygedra.
'Ons bring jou die nuutste Melkhoutfontein, Hessequa nuus'