STILBAAI NUUS - Inwoners van Stilbaai-Oos moes Sondagoggend 23 Maart met groot ontsteltenis in die handewerk van vandale vaskyk.
Padtekens en 'n paal met 'n asblik langs Hoofweg-Oos is in die vroeë oggendure beskadig. Die polisie en buurtwag was op die toneel.
"Die sinnelose vandalisering van enige openbare bate is 'n groot kommer, want die herstel daarvan plaas 'n onnodige las op die belastingbetaler. Die geld kan eerder aangewend word om verdere fasiliteite aan te bring, eerder as vir herstelwerk," het Johan Jacobs, munisipale bestuurder op navraag gesê.
Hessequa-munisipaliteit doen 'n beroep op die gemeenskap om te help met die uitwissing van diefstal, plundery en vandalisme.
Dit kan gerapporteer word deur die skakelbord by 028 713 8000 te skakel, of 'n e-pos aan info@hessequa.gov.za rig.
'n Lid van die publiek moet hul naam en kontakbesonderhede verskaf en hulle getuienis mag nodig wees vir die suksesvolle skuldigbevinding.
Die identiteit van die inligtingverskaffer sal beskerm word.
Die padtekens het op die gras langs die wandelpaadjie gelê.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'