RIVERSDAL NUUS - Karel Nortjé van Riversdal het op 7 Januarie, 89 jaar oud geword. Hy is 'n afgetrede seeman wat vir 44 jaar in die Suid Afrikaanse vloot gedien het.
Hoewel hy in Kaapstad gewoon het, was hy vir meeste van sy lewe op see. Na sy uittrede het hy by die South African Navy Museum gewerk en daarna na Mosselbaai verhuis waar hy as 'n skoenverkoper gewerk het.
Hy het in 1992 na Riversdal verhuis waar hy steeds 'n skoenverkoper was.
Nortjé het homself hier gevestig en eindelik hier afgetree.
Karel Nortjé soos hy vandag op die ouderdom van 89 lyk.'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'