Update
RIVERSDAL NUUS - Jan Daniël Jacobus Janse van Rensburg het Vrydag 23 Maart weer vlugtig op Riversdal in die hof verskyn.
Die saak is uitgestel tot Donderdag 2 Augustus en Vrydag 3 Augustus vir verhoor en uitspraak.
Van Rensburg het sy buurman, Chris Harmse (61) verlede jaar na bewering na 'n woordewisseling aangerand oor die onderhoud van 'n watersloot. Dit het op die plaas Peperduurfontein in die Kruisrivier-omgewing plaasgevind.
Harmse het kort na die voorval in die Life Bay View-hospitaal op Mosselbaai na 'n operasie beswyk.
Die saak is verlede jaar op 23 November uitgestel omdat die direkteur van openbare vervolging (DOV) nog die vertoë wat die verdediging gerig het, oorweeg het.
Die saak was weer uitgestel tot 25 Januarie vanjaar vir uitslag van die vertoë.
Lees vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'