Gallery Video
HESSEQUA NUUS EN VIDEO - Baie kinders kon nie wag om uiteindelik weer skool toe te gaan na verlede jaar se baie wisselvallige skooljaar – en boonop ‘n lang vakansie daarna nie.
Tog was daar ‘n hele paar kinders wat eerder tuis wou bly en glad nie lus was vir die nuwe skooljaar nie.
Suid-Kaap Forum het ‘n hele paar skole in die Hessequa-streek besoek, waaronder Melkhoutfontein Primêre skool en dit was duidelik dat die prinsipaal, Ruby Flores en haar personeel alles in plek en onder beheer gehad het.
Fotogalery: Eerste dag van skool
Kyk 'n video hieronder:
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'