Update
HESSEQUA NUUS - Die tweede vlaag van Covid-19, waar statistieke van positiewe toetsing drasties toegeneem het, het sy tol onder sport en rekreasie geëis.
Munisipale sportfasiliteite binne die Hessequa-munisipale gebied is vanaf Vrydag, 11 Desember met onmiddellike effek tot verdere kennisgewing gesluit.
Sportfasiliteite wat deur sportklubs of organisasies soos gholf, tennis, rolbal en jukskei op 'n langtermyn basis gehuur word, sal oop bly.
Didi Budricks, Hessequa-munisipaliteit se woordvoerder het gesê alle besprekings wat voor 8 Desember gemaak is, sal wel toegelaat word om voort te gaan (uitgesluit blokbesprekings), maar die Covid-19-voorsorgmaatreëls en regulasies moet streng nagekom word.
"Die besluit is in die beste belang van die gemeenskap as geheel en almal word aangemoedig om voorkomend op te tree om sodoende die verspreiding van die Covid-19-virus te beperk."
Vorige artikel: Sportfasiliteite sluit weens Covid-19
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'