HEIDELBERG NUUS - Twee van dié dorp se mees bekendste en geliefste inwoners is deur middel van 'n muurskildery in die middedorp vereer.
Louise Kluyts, bekende plaaslike kunstenaar en lid van Hessequa Kunsroete het dit goedgedink om op dié manier hulde aan die posman, Mario Hermanus en kinderregte aktivis, Raymond Saayman te bring vir hul uitnemende en passievolle diens aan die gemeenskap.
Volgens Kluys het talle inwoners met hierdie voorstel vorendag gekom. Volgens lede van die gemeenskap verrig is Hermanus bekend as die smiling postman omdat hy altyd sy taak met 'n breë glimlag verrig.
Hy ken ook meeste van die inwoners op hul naam.
Saayman en sy vrou, wat reeds oorlede is, het jare gelede 'n sopkombuis begin en hy gaan steeds daarmee voort.
Hy word gereeld gesien met sy fiets met 'n mandjie kos om aan minderbevoorregte kinders uit te deel. Hy hou boonop jaarliks 'n Kersete vir dié kinders.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'