TUINROETE NUUS - Twee mense is vanoggend in ‘n motorongeluk op die Herbertsdale-pad buite Mosselbaai dood.
Volgens polisiewoordvoerder, sers Chris Spies is nog drie insittendes beseer.
Spies sê ‘n voorlopige ondersoek dui daarop dat ‘n Land Rover met vyf insittendes vanaf Mosselbaai in die rigting van Herbertsdale gery het, toe die voertuig gerol het.
Die 56-jarige bestuurder en ‘n 85-jarige passasier het veelvuldige beserings opgedoen. Beide is op die toneel dood verklaar.
‘n 74-jarige vrou, wat in die wrak vasgekeer was, is bevry en met die hulp van ‘n helikopter na ‘n hospitaal in George vervoer. Twee ander insittendes is met verskeie beserings na ‘n hospitaal in Mosselbaai geneem.
Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie.
KwaNonqaba–polisie ondersoek ‘n saak van strafbare mansslag.
Die identiteite van die insittendes is nog nie bekend gemaak nie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’