Video
RIVERSDAL NUUS EN VIDEO - Twee botsings het Saterdag 19 Oktober feitlik gelyktydig by die Stilbaai-afdraaipad en die hoofingang na die dorp gebeur.
Die bestuurder van 'n wit bakkie het omstreeks 15:15 na bewering 'n U-draai op die N2 digby die Stilbaai-afdraai gemaak en voor 'n voertuig wat in die rigting van Riversdal op pad was, beland.
"Vra my meer wanneer ek oor die skok is," het die bestuurder van die bakkie op die toneel gesê toe sy naam gevra word.
Slegs een persoon, die 16-jarige Elke Nagel, 'n gr. 10-leerder aan Hoërskool Ladismith is lig beseer. Volgens haar ma, Juanita Nagel van Ladismith was sy en haar dogter op pad terug van Mosselbaai toe die bestuurder van die bakkie skielik voor haar 'n U-draai maak. Haar Mazda-dubbelkajuitbakkie se linkervoorkant is getref.
"Die lugsakke het ontplooi en my dogter wat in die passasiersitplek was, se been is beseer," het Nagel gesê.
'n Lid van die Goukou-buurtwag, wat gou op die toneel was, het haar been verbind. Die presiese omvang van die besering is nie bekend nie.
Kyk 'n video hieronder:
• In nog 'n botsing omstreeks 15:20 was twee voertuie op die N2 by Riversdal se hoofingang in 'n botsing betrokke. Niemand is beseer nie. Verkeersowerhede, die polisie, brandweer en ambulansdienste was op die toneel.
Nie een van die twee botsings het verkeer op die N2 ontwrig nie.
There were no serious injuries in two accidents on the N2 that happened minutes apart on Saturday 20 October. Elke Nagel (16) was slightly injured when the vehicle in which she and her mother were travelling hit a bakkie that was allegedly making a U-turn near the Stilbaai turnoff. Five minutes later two vehicles crashed at the main entrance to Riversdale, but nobody was injured in this accident.
Elke Nagel (16) se been is in 'n botsing tussen twee voertuie by die Stilbaai-afdraaipad beseer. Foto’s: Tisha Steyn
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'