RIVERSDAL NUUS - Wie het nou gedink dat ’n uitstappie in jou eie dorp, Riversdal so jolig kan wees?
Sewe en twintig lede van Riversdal se Tuinbouklub het die dorp behoorlik op 10 April ingevaar.
Die eerste besoekpunt was by Yvonne Bokkelkamp wat 140 verskillende soorte rose het, waarvan die meeste David Austin is.
Hul tweede stop was by Marni en Jaco van Dyk se verrassende tuin. Marni het genoem dat haar tuin-geheim ’n goeie deklaag is.
Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
Lede was vol inspirasie na hul uitstappie.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'