RIVERSDAL NUUS - Liz Eglington by Blue Sky Organics (olyfplaas waaruit internasionale uitkomste verkry word) het Greenfingers tuinbouklublede Woensdag 10 Oktober regop laat sit.
Volgens Eglington besef mense wat kanker en ander outo-immuunsiektes kry, nie dat die liggaam geskape is om self te genees nie. Die groep leer hier dat sekere soorte gif verban is na ’n hooggeregshofbevel deur die staat van Californië teen Monsanto. Dié spesifieke soort gif word egter steeds vrylik in ons land gebruik. ’n Bestanddeel daarin is blykbaar kankervormend.
“The world suffers a lot. Not because of violence or bad people, but of the silence of good people,” aldus Napoleon.
Riversdal is hul eerste projek na hierdie besoek.
Belangstellendes wat meer wil uitvind, kan hul skakel by 028 713 3061.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'