ALBERTINIA NUUS - Die pasafgelope Bull Run-motorsportbyeenkoms het vir boere van Vanwyksvlei meer as net toerisme gebring.
Vanie Oosthuizen van Albertinia-meubelvervoer en Thys van der Merwe van TVM-konstruksie het nie net aan hul eie plesier gedink nie en met twee vragte voer vir honger diere opgedaag.
Volgens Oosthuizen, alias Trompie, was dit opvallend dat mense op straat nie kos of lekkernye gevra het nie, maar wel water. Dit het vir hom die verreikende uitwerking van droogte benadruk.
Oosthuizen en Van der Merwe bedank die volgende borge vir die voer: Albertinia-meubelvervoer, TVM-konstruksie, Infanta Trailer, Cape Feed and Grain, Soil, Thornlands en Suiderpak.
Die aflaaiery is in volle gang.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'