TUINROETE NUUS - Albertinia-meubelvervoer het die langverwagte transportwa van die Erfenisstigting in Pretoria na George vervoer.
Dit was 'n skenking van die Voortrekkermonument vir die tolhuis in die Montagupas.
Deur die bemiddeling van die Vriende van die Tolhuis het die meubelvervoermaatskappy die vervoer van die transportwa na Goerge geborg.
Die munisipaliteit het twee verkeersvoertuie tot hul beskikking gestel om voor en agter die optog deur die dorp te ry.
Die Donkiekar-boereorkes van Hoekwil was bo-op die wa om musiek te maak.
Die wa word voorlopig by een van die Vriende van die Tolhuis se plaas op Geelhoutboom, buite Blanco gestoor en sal na die ou tolhuis in Montagupas geneem word sodra 'n veilige skuiling vir die wa by die tolhuis opgerig is.
Hiermee hoop die Vriende van die Tolhuis om vir baie jare die kosbare stukkie kultuurgeskiedenis te koester.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'