Update
RIVERSDAL NUUS - Die plaaslike Kansa-tak onder voorsitterskap van Elfrieda Pieterse het met die nuwe fondsinsamelingsprojekte afgeskop.
Hulle verkoop pers lap teen R30 per meter en vra die gemeenskap se ondersteuning. Jy kan 'n boom voor of in jou erf versier, selfs 'n pilaar of posbus.
Besighede is welkom om die lap ook as versiering by hul besighede op te sit. Sodoende bewys die gemeenskap dat hul Kansa ondersteun in hul taak.
Die Bark for life sal op 7 Oktober plaasvind - skakel Junita Kleinhans by 082 495 5212 vir meer inligting.
Op 13 Oktober sal die Purple Sunset Walk plaasvind en meer inligting hieroor, asook om lap te bestel skakel Pieterse by 072 374 8025. Die Relay for Life sal op 11 November by die rugbyvelde plaasvind.
Lees 'n vorige artikel: Riversdale to the power of purple
ARTIKEL & FOTO: ELIZE BLOM, SUID-KAAP FORUM JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'