STILBAAI NUUS - Die plaaslike toerismekantoor is besig om bietjie opgekikker te word.
’n Groot lugfoto wat deur ’n besoeker, Armand Vermeulen met sy drone geneem is, is Saterdag 13 Oktober opgehang nadat die nodige verfwerk gedoen is.
Dié foto is besonders omdat dit so onlangs as September geneem en dit duidelik en helder is.
Die omgewing van Jongensfontein tot net duskant Preekstoel word duidelik uitgebeeld.
Die toerismekantoor kan daagliks van 09:00 tot 17:00 besoek word en Saterdae van 09:00 tot 12:00. Die kantoor is toe op Sondae.
Besoek Stilbaai se toerismekantoor in Langenhovenstraat. Vir enige navrae skakel 028 754 2602.
Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'