STILBAAI NUUS - Die roudiens vir Debbie Smith-Naudé, geliefde jong fotograaf van dié kusdorp wat op 12 Januarie in die poel by Jongensfontein verdrink het, het Saterdag 19 Januarie vanuit die plaaslike NG Kerk plaasgevind.
Dit was duidelik uit die groot aantal mense wat die diens bygewoon het, dat sy talle lewens aangeraak het met haar liefdevolle geaardheid en passie vir fotografie.
Foto-kliënte van so ver as Gauteng het hulle meelewing met die familie gestuur.
Ds. Francois Taljaard se troosboodskap het Debbie se gunsteling Bybelgedeelte, Psalm 23 as tema gehad.
Debbie se ouers, Malinda en Tap Smith, asook haar eggenoot, Johannes Naudé, het die gemeenskap van Stilbaai vir al hul ondersteuning, boodskappe en liefde bedank.
Lees 'n vorige artikel hier: Bekende fotograaf se verdrinking skok.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'