HESSEQUA NUUS - Die afsterwe van Johannes (Pallie) Samboe, is die einde van 'n era toe sand met 'n skopgraaf geskep en stene met die hand op 'n vragmotor gepak is.
Johannes is op 31 Januarie na 'n kort siekbed oorlede.
Hy verlaat die skool op 'n jong ouderdom en begin hy by Koos Scholtz-karweier te werk.
Die onderneming vervoer diere vanaf die veilingsterrein en die werkers laai sand met 'n skopgraaf op die vragmotor.
Vanaf die steenmakery op Vetrivier word die boustene met die hand gelaai en dikwels tot so ver as Gouritsmond afgelewer.
Vanaf Herbertsdale is aanrol gras aangery.
Wyle Danie van Tonder, 'n boukontrakteur was bekend daarvoor dat hy by sy nuwe bouprojekte grasperke by die huise gevestig het.
Pallie het dikwels die varke van Koos Scholtz, 'n varkboer, spierwit geskrop voor dit na die veilingsperseel vervoer is.
Hy werk later by Danie van Tonder, maar swak gesondheid noodsaak hom om die boubedryf te verlaat.
Sy begrafnis was Saterdag 10 Februarie vanuit die St. Andrews Anglikaanse kerk.
ARTIKEL: KEITH EKSTEEN, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'