HEIDELBERG NUUSFLITS - Min mense weet dat sigaretstompies baie nadelig vir die omgewing is, omdat dit etlike jare neem om op te los.
Volgens Marzanne Carelse, omgewingsopvoedkundige beampte van die Lower Breede River Conservancy Trust (LBRCT) is sy verheug dat spesiale houers op strande en langs riviere opgerig word wat rokers kan gebruik om van hul stompies ontslae te raak.
Meer houers sal in die nabye toekoms aan die anderkant van die Breederivier opgerig word.
Carelse het haar dank en waardering teenoor almal uitgespreek wat tot die beskikbaarheid van die houers bygedra het.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'