Update Video
HEIDELBERG NUUS - Zenobia du Toit tehuis vir bejaardes het 'n yslike skenking van die Pampoenfeeskomitee ontvang.
Die tehuis met sy 72 inwoners is weer een van die begunstigdes van die jaarlikse fees van pampoene wat van heinde en ver vir die kompetisie ingeskryf word en honderde besoekers lok.
Lede van die feeskomitee het Vrydag 16 Augustus waardevolle geskenke aan die tehuis oorhandig.
Dit sluit twee groot televisieskerms, 'n nuwe, groter warmwaterstelsel en medisynekassies vir die 58 kamers in.
Die kassies gaan langs elke inwoner se bed geplaas word. Hul daaglikse medisyne sal daarin toegesluit word en slegs sr. Natasha van Deventer sal toegang daartoe hê.
"Ons het ook altesaam 96 stelle breekware en eetgerei ontvang," het Heidi de Jager, die bestuurder gesê. "Dis baie meer as waarvoor ons gevra het."
Volgende jaar se Pampoenfees vind op 27 en 28 Maart plaas.
Kyk 'n video hieronder:
Van links is Altus Joubert (feeskomiteelid), sr. Natasha van Deventer, Heidi de Jager (bestuurder), Esther Scholtz (kok), en komiteelede Michael Amos en Nic Potgieter. Foto: Alex Marshall, korrespondent
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'