HEIDELBERG NUUS - Die komitee van die Heidelberg Pampoenfees wat vanjaar in Maart plaasgevind het, het weer 'n ruim skenking aan Huis Zenobia du Toit gemaak.
Die ouetehuis het 'n elektroniese bloeddrukmeter, 26 hospitaalbed-matrasse met oortreksels en 70 kussingslope ontvang. Verlede jaar is ruim opknappingswerk aan die gebou gedoen, geborg deur die Pampoenfees-komitee.
Die beheerraad van Huis Zenobia du Toit het weereens hul dank namens die inwoners teenoor die komitee uitgespreek en hulle vir hul ruimhartigheid teenoor die senior burgers in die tehuis geloof en die organiseerders voorspoed toegewens met verdere ondernemings.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'