RIVERSDAL NUUS - Altesaam 156 gesondheidswerkers en bejaardes is die afgelope weke in die Droom-tehuise op Riversdal teen die Covid-19-virus ingeënt.
Ou Meule en Jan Lange se gesondheidwerkers, personeel (met inbegrip van Feedem) en inwoners moes toestemming verleen om ingeënt te word.
Elke ontvanger van die entstof moes minstens 15 minute lank ná inenting gemoniteer word.
Volgens die hoofverpleegkundige, sr Linda Botha het alles sonder voorvalle verloop.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'