Dit is hartseer om te sien hoeveel skilpaaie doodgery word, soos weer die afgelope week in Dennelaan. Elaine Hardy van Stilbaai Animal Protection het die meegaande foto ingestuur van twee skilpaaie wat letterlik 'n dag uitmekaar platgery is.
Padlopertjies en rooipense
Daar is die skaars padlopertjie (Homopus areolatus) wat net 10cm groot word. Hierdie skilpad word in die suidwestelike kusstreke van die Wes-Kaapse provinsie aangetref.
Die tweede is die rooipens- of ploegskaarskilpad (Chersina angulata).
Skilpad-kennisgewingborde is moontlik die aangewese oplossing vir die probleem omdat besoekers en inwoners bewus gemaak moet word van die skaarsheid van die reptiele en wat gedoen kan word om hulle te bewaar.
Skilpadsensus
Volgens die skilpadsensus is daar 41 soorte landskilpaaie in die wêreld, waarvan 14 soorte in Suid-Afrika aangetref word. Agt kom voor in die Wes-Kaap en twee soorte kom nêrens anders in die wêreld voor nie.
Die Wes-Kaap is nie net die tuiste van die wêreld se kleinste skilpad, die suidelike klipskilpad nie, maar ook van Afrika se tweede grootste landskilpad, die bergskilpad. Dit is die enigste woonplek van die wêreld se skaarsste skilpad, die suurpootjie.
Lees Donderdag meer in die Suid-Kaap FORUM, en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'