RIVERSDAL NUUS - Anna Snell van Riversdal het op 16 November twee pragtige tapisseries van engele aan die Riversdal mediese praktyk geskenk vir hulle hulp aan haar deur die jare.
Die 90-jarige Snell is bekend vir haar tappiserie-kuns wat sy met groot geduld en konsentrasie beoefen.
Sy woon tans in die Ou Meule-tehuis vir bejaardes. Die dokters en personeel wil hul opregte dank aan haar verseker.
'n Dankie-sê briefie het die tapisseries vergesel.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'