HEIDELBERG NUUS - Tannie Sannie de Jager, inwoner van Huis Zenobia du Toit op Heidelberg het haar 100ste geboortedag op Vrydag, 7 Augustus herdenk.
Om hierdie groot mylpaal in afsondering te vier, is beslis nie ideaal nie, maar sy is lekker bederf.
Die personeel het haar dag opgehelder met 'n spesiale verjaarsdagkoek, eetgoed, blomme en geskenke. Familie en vriende het ook geskakel om haar geluk te wens.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'