HESSEQUA NUUS - Yvonne van den Dool (88), die eerste vrou wat as kommersiële vlieënier gekwalifiseer het, het dié streek onlangs besoek.
Dit is Van den Dool se tweede besoek aan Riversdal en Stilbaai, omdat sy van dié geweste hou en dit relatief naby aan Hermanus is, waar sy by haar dogter woon.
Van den Dool het in 1949 op 19-jarige ouderdom haar A-graad vlieënierslisensie bekom.
Haar eerste vlug was na Lesotho. Sy het later haar B-lisensie behaal, en in 1955 was sy die eerste vrou in Suid-Afrika wat haar kommersiële vlieglisensie gekry het.
Volgens haar wou geen lugdiens haar in diens neem nie omdat sy 'n vrou is. Sy het 34 jaar lank as privaat vlieënier vir gesinne gevlieg, asook vir sakemanne wat op kort kennisgewing 'n vergadering moes bywoon.
Een van die hoogtepunte in haar vliegloopbaan was dat sy met 'n Tiger Moth gehelp het om die tsetsevlieg-plaag by die Karibadam uit te wis.
Die merkwaardige vrou se loopbaan is in 'n boek saamgestel.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'