SWELLENDAM NUUS - Swellendam se sitrusboere in die omgewing het onderneem om ten minste 100 ton sitrusvrugte aan huishoudings te skenk.
Die vrugte word gewoonlik uitgevoer, maar aangesien uitvoerhawens weens die koronavirus gesluit is, het die boere besluit om vir die duur van die inperkingsperiode 30 ton sitrus per week aan inwoners te skenk.
Die vrugte is ’n welkome aanvulling tot die dieet van mense wat nou sonder werk of inkomste sit. As ’n ryk bron van Vitamien C is dit ook belangrik om mense se immuniteit te bou.
'Ons bring jou die nuutste Swellendam, Hessequa nuus'