SWELLENDAM NUUS - Inwoners van Swellendam is erg ontsteld omdat ’n plaasboer na bewering ’n man wreed met ’n krieketkolf en sambok aangerand het.
Die slagoffer, Everton Moos (33) van Railton was blykbaar saam met sy stiefseun, Ricklin Marais (19) op pad om afval perskes op ’n plaas te gaan haal, toe hulle op die R60-pad, net buite die dorp deur die boer en vier van sy werkers in sy bakkie voorgekeer was.
Die mans het hom geslaan en op die bakkie gelaai, maar Marais het kans gekry om weg te hardloop.
Hulle het na die plaas gery, waar hulle sy hande en voete vasgebind, sy broek afgetrek en herhaaldelik met ‘n krieketkolf en sambok op sy boude geslaan het.
Die saak word ondersoek.
'Ons bring jou die nuutste Swellendam, Hessequa nuus'