TUINROETE | HESSEQUA NUUS - Die gemeenskappe van Mosselbaai en Albertinia is geruk nadat twee jongmense van dié dorpe die afgelope langnaweek in tragiese voorvalle betrokke was.
Die 13-jarige Linton Standfort het op Saterdag, 19 Maart by De Bakke-strand op Mosselbaai verdrink. Die NSRI-reddingsboot het Standfort uit die water getel, maar hy is later op die strand dood verklaar.
Op Sondag, 20 Maart het die 21-jarige Arno van der Mescht, 'n inwoner van Albertinia saam met 'n groep vriende op die St Blaize-wandelroete gestap.
FOTO GALERY: Tragiese langnaweek op Mosselbaai
In die omgewing net onder die Mosselbaai-gholflandgoed het die groep 'n ander paadjie gevolg om na 'n grot te gaan kyk toe hy deur 'n fratsbrander van die rotse geslaan en in die see beland het.
Van der Mescht is sedertdien nog nie weer gesien nie. 'n Grootskaalse soektog is geloods en teen die ter perse gaan is sy liggaam nog nie gevind nie.
Lees meer op Susterskoerant, Mossel Bay Advertiser.
Linton Standfort (13) .
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'