Die plaaslike Kansa-tak het besluit om ook hul gewig by dié projek in te gooi en die personeel van Suid-Kaap FORUM het besluit om hul daarin te ondersteun. Sodoende kan ons dorp en veral borskankerlyers ook die voordeel van hierdie bewusmakings- en fondsinsamelingsprojek geniet.
Oktober is borskankermaand. Kom ons kleur die dorp pienk en reik uit na borskankerlyers.
Vir meer inligting oor die projek, gaan na www.pinktrees.co.za. Pienk materiaal teen R20 per meter kan by Franza de Kock gekoop word. Skakel haar by 028 735 1711 of 082 784 7500.

Die Suid-Kaap FORUM-span. Van links is Elize Blom (redakteur), Carol Prins (bode), Juan-Marié Conradie (advertensieverteenwoordiger), Rina Snyman (ontvangsdame), Louise Mouton (joernalis). Voor is Wilma Adamson (joernalis).
'Ons bring jou die nuutste Riversdal | Hessequa nuus'