Gallery Update Video
HESSEQUA NUUS EN VIDEO - Die einde van 2017 het gouer aangebreek as wat 'n mens graag wil, maar soos reeds die geval oor die afgelope paar jare is het Suid-Kaap Forum dit op gepaste wyse afgesluit met ons Goue Oues-projek.
Al die senior burgers in die streek se tehuise is met 'n Kersgeskenkie en vrolike musiek bederf.
Albertinia Versorgingsdienste, Soeterus op Melkhoutfontein, Stilbaai se Huis Alrema, Huis Lekkerbly en Huis Stilbaai is deur redakteur Wilma Adamson, asook Aletta Sutherland (Heidelberg korrespondent en musikant), Chris van Schalkwyk (die koerant se verspreider en ook musikant), Hano Snyman (helper Donderdag) en natuurlik Juffrou Kersfees (Vader Kersfees was olik), Carla Viljoen op Donderdag 14 Desember besoek.
Die projek se hoofborg, The Blinds Factory, het ook 'n verrassingsbesoek gekry en elke personeellid van beide die fabrieke het elk 'n pakkie lekkers gekry om hulle te bedank vir hul gereelde maandelikse bydrae.
Ou Meule en Jan Lange op Riversdal, asook Huis Zenobia du Toit op Heidelberg het Vrydag 'n beurt gekry.
Kyk 'n video hieronder:
'n Vrolike en gemoedelike stemming het by feitlik al die tehuise geheers, hoewel sommige se gemoedere tog volgeskiet het en hier en daar 'n traan gestort is.
Die koerant bedank al die personeel by die tehuise wat ons so vriendelik ontvang en bygestaan het met al die reëlings.
Lees 'n vorige artikel: Suid-Kaap Forum bederf goue oues
ARTIKEL, VIDEO & FOTO'S: WILMA ADAMSON, SUID-KAAP FORUM REDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'