Gallery Video
HESSEQUA NUUSFLITS EN VIDEO - Die einde van 2017 het gouer aangebreek as wat 'n mens graag wil, maar soos reeds die geval oor die afgelope paar jare is het Suid-Kaap Forum dit op gepaste wyse afgesluit met ons Goue Oues-projek.
Al die tehuise in die streek is Donderdag 14 en Vrydag 15 Desember deur redakteur Wilma Adamson, Aletta Sutherland (Heidelberg korrespondent en musikant), Chris van Schalkwyk (die koerant se verspreider en ook musikant), Hano Snyman (helper Donderdag) en natuurlik Juffrou Kersfees (Vader Kersfees was olik) besoek.
Kersgeskenkies is aan die senior burgers, maar ook personeel van die tehuise op die maat van musiek uitgedeel.
Die projek se hoofborg, The Blinds Factory op Stilbaai het ook 'n verrasingsbesoek gekry en personeellede van beide die fabrieke het elk 'n pakkie lekkers gekry om hulle te bedank vir hul gereelde maandelikse bydrae.
Kyk 'n video hieronder:
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
ARTIKEL, VIDEO & FOTO'S: WILMA ADAMSON, SUID-KAAP FORUM REDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'