RIVERSDAL NUUS - ’n Man is in aanhouding en ’n vrou is in die hospitaal na hy na bewering haar blyplek in Panorama, Riversdal aan die brand gesteek het.
Mina Hendricks (65) is in George-hospitaal met ernstige brandwonde. Haar vriend het Maandag 10 Junie in die plaaslike landdroshof op ’n klag van brandstigting verskyn.
Die hout- en sink struktuurop ’n agterplaas in Hartnickstraat het volgens die polisie tussen 20:00 Saterdag en 01:00 Sondag aan die brand geraak.
Die vriend het glo vroeër die dag vir bure vertel hy gaan dit afbrand. Die gestremde Mina se suster Anna, wat in die huis op die erf woon, en ’n vriend het haar uit die brandende hut bevry.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'