HESSEQUA NUUS - Persone wat wil aansoek doen vir vrystelling of afwyking van bepaalde tuin natmaak ure, kan 'n brief aan die tegniese departement op Riversdal rig of 'n e-pos aan lizet@hessequa.gov.za stuur.
Daarin moet jy jou fisiese woonadres, die rede vir afwyking van tye en die tyd waarbinne die afwyking van tuin natmaak val.
Suksesvolle aansoekers sal 'n goedkeuringsbrief van die munisipaliteit ontvang wat as 'n bewys moet dien.
Die volgende maatreëls moet toegepas word om 'n stywe boete te voorkom
- Natmaak van tuine word slegs vanaf 16h00 tot 18h00 toegelaat.
- Spreiers word toegelaat, maar tuinslange mag nie sonder toesig gebruik word nie.
- Afspuit van plaveisel en sementoppervlaktes word nie toegelaat nie. Die afwas van sekere oppervlaktes in karwas dienste, slagpale en persele vir die voorbereiding van voedsel word van hierdie bepaling vrygestel.
- Voertuie, bote en karavane moet met emmers gewas word.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'