HESSEQUA NUUS - Die Wes-Kaap Bloeddiens doen ‘n beroep op skenkers om in groot getalle by bloeddiensklinieke aan te meld om bloed te skenk.
“Ons het veral in die O-groep ‘n groot tekort,” sê Arlecia November, bemarkingsbeampte.
Die bloeddiens het Riversdal op Vrydag, 1 Oktober by die Thusong-sentrum besoek.
Tydens die kliniek is 66 eenhede geskenk, waarvan 63 gereelde skenkers was en drie nuwe skenkers.
Skenkers by die Thusong-sentrum. Foto's: Henry Snyman
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'