STILBAAI NUUS - Die Brugmark is Saterdae die mees gewilde bymekaarkomplek in Stilbaai.
Dit is die plek waar jy vriende ontmoet vir koffie en pannekoek, of 'n yskoue Goukou-bier en ander peuselhappies.
Die talle stalletjies het iets van alles en met die ronddrentel sal jy beslis 'n winskopie optel.
Die Brugmark spog ook nou met geplaveide paadjies en die hele sitgedeelte is geplavei om dit nog lekkerder te maak.
Die Stilbaai-besigheidsforum is voortdurend besig om te kyk waar hulle die Brugmark kan verbeter tot voordeel van die besoekers asook die stalletjiehouers.
Gedurende die jaar is die Brugmark elke Saterdag van 09:00 tot 13:00 oop.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’