STILBAAI NUUS - Die Connect Church van Kaapstad doen jaarliks 'n uitreik na die platteland om met sport en dans die Woord te versprei.
Volgens Josh Duvel, woordvoerder, besoek hulle jaarliks 'n dorp en werk dan saam met kerke of 'n kerk om die jeug te bereik.
Vanjaar was hulle die tweede week in Oktober, tydens die skoolvakansie, in Melkies en het die oop veld oorkant die VGK Kerk omskep in 'n sportveld en dansbaan. Hierdie jaar se besoek was dan ook in vennootskap met die VGK Kerk.
Hulle het ook 'n lekker jeugaand in die gemeenskapsaal gehad en was baie tevrede met die opkoms.
Die span het uit 35 lede bestaan en hulle is baie opgewonde terug Kaapstad toe.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’