RIVERSDAL NUUS - Die Sleeping Beauty Kwilters se kwilt- en handwerkuitstalling het vandag Donderdag 16 Oktober begin en duur tot Saterdag 18 Oktober, by die NG Kerk Riversdal-Wes in Heidelbergweg.Die tye is vandag en Vrydag 10:00 tot 16:00 en Saterdag 10:00 tot 12:00.
Lede van die groep spog met ’n wye verskeidenheid kwilts en handwerk, insluitend tradisionele laslapontwerpe en fyn appliekwerk.
’n Hoogtepunt is die groepsprojek Petals & Patches, ’n unieke handgemaakte kwilt wat in ’n gelukstrekking gewen kan word.
Verskeie handwerkwinkels soos Die Loerhoekie, Creative Notions en Country Quilting bied produkte en demonstrasies aan.
Toegang is gratis, veilige parkering word voorsien en besoekers kan ook die teetuin met ligte maaltye en verversings geniet.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’