JONGENSFONTEIN NUUS - As gevolg van die verwydering van die gestrande walviskarkas langs die Jongensfontein-kus en die verhoogde haai aktiwiteit wat daarmee gepaard gaan, gaan die omliggende omgewing se strandgebiede (Jongensfontein en Stilbaai), gesluit word vir swem en enige waterverwante aktiwiteite (visvang en die gebruik van bote uitgesluit).
Die strande sal vanaf Woensdag, 16 September tot en met Maandag, 21 September gesluit wees.
Hierdie periode is onderhewig aan weersomstandighede en kan op kort kennisgewing gewysig word.
'Ons bring jou die nuutste Jongensfontein, Hessequa nuus'