ALBERTINIA NUUS - 'n Woedende inwoner wat keelvol vir Georgestraat se toestand is, het sy mening op sosiale media gelig.
"Vier jaar lank word daar gevra of dit herstel kan word. Elke keer word daar beloftes gemaak," het hy geskryf.
Wat hom verder ontstel het, is die feit dat munisipale werkers op 'n Sondag aan 'n gedeelte van Stasiestraat werk.
Masjinerie word ook gebruik wat geraas gemaak, slegs 50 m van 'n kerk en tydens hulle erediens.
"Is dit die beleid van Hessequa-munisipaliteit dat konstruksiewerk ten duurste op 'n Sondag kan plaasvind aangesien privaat kontrakteurs verbied word om op Sondae te werk in Hessequa?" het hy voorts gevra.
Volgens Susan Geldenhuys, mediawoordvoerder, is dit 'n siviele litigasie saak wat tans hangend is.
"Uitspraak kan eers gelewer word nadat die saak einde Februarie voorgekom het."
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'