STILBAAI NUUS - Vakansiegangers kan nie uitgepraat raak oor hoe skoon Stilbaai is nie.
Ja, daar waai rommel rond, maar in vergelyking met baie dorpe en stede in Suid-Afrika is hierdie dorp skoon.
So iets gebeur egter nie sommer net vanself nie.
'n Funksionele munisipaliteit met lojale amptenare in vennootskap met 'n gemeenskap wat omgee is die hoofrede dat Stilbaai so geprys word.
Hessequa Munisipaliteit se amptenare was hierdie Desember vakansie elke dag op hulle pos en selfs Kersdag het vullisverwydering normaal voortgegaan.
Clifton Donald en die Coastal Cleanup groep is gereeld besig om die rivieroewer en die kusgebied skoon te maak.
Individue word gereeld gesien met die noual bekende geelsakke, besig om rommel op te tel.
Die Antimorsjors projek in Melkhoutfontein loop goed en veral kinders word daarby betrek.
Voorwaar 'n voorbeeld vir ander dorpe en stede.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’