STILBAAI NUUS - Donderdag 9 Junie was 'n heuglike dag vir Quentin Badenhorst (op motorfiets) van Stilbaai toe Andre van der Merwe, eienaar van Vodacom Stilbaai en Riversdal, 'n Honda Ace 125 aan hom oorhandig het.
Quentin het die motorfiets in 'n landswye Vodacom kompitisie, Unlock with Vodabucks, gewen deur op die Vodacom App deel te neem.
Volgens Andre is die vriendelike personeel van Vodacom Stilbaai en Riversdal altyd gereed om van hulp te wees en jy kan hulle kontak by 028 754 1963 of 087 106 7026.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'