STILBAAI NUUS - Stilbaai-hengelklub is as die somer én winter hengelliga se algehele wenners op Saterdag 18 Mei in George aangewys.
Triton van Mosselbaai het daarin geslaag om die B-afdeling te wen en in die C-afdeling het George as die wenners uitgestap.
Die sportvrou van die jaar-titel is deur Elzaan Cronjé, die top dame en administrateur van die jaar is Mariëtte Westraadt en die grootste oneetbare vis-beker is deur Henry Terblanche ingepalm met ’n swartpylstert van 111.88 kg.
Al drie is ook van Stilbaai.
Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'