STILBAAI NUUS - Die Stilbaai Stappers het Saterdag 4 Februarie Sleeping Beauty in die maanlig aangedurf.
Die 17 stappers het om 18:00 die aand vanaf die Ou Tolhuis vertrek, vanaf 20:00 het hulle in die maanlig geklim en die piek teen 22:00 bereik.
Hulle het die aand daar oornag en die sonsopkoms Sondagoggend was die hoogtepunt van die staptog.
Derek Odendaal het dit beskryf as ‘n heilige oomblik.
Foto: Derek Odendaal
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'