STILBAAI NUUSFLITS - ‘n Groot eer het een van dié kusdorpie se besighede te beurt geval.
Stilbaai Spar is as ‘Spar van die Jaar’ vir die Wes-Kaap aangewys.
Die eienaar van die besigheid, Peet van Staden noem aan Suid-Kaap Forum dat dit vir hulle 'n reuse voorreg is om dié toekenning Stilbaai toe te bring.
"Dit gebeur nie baie in 'n winkel se geskiedenis dat so 'n groot eer hom te beurt val nie. Ons glo dat 'n supermark soos Stilbaai Spar nie net 'n besigheid is nie, maar wel 'n gemeenskapsprojek. Ons en ons personeel streef daarna om dit voortdurend uit te leef."
Lees meer hieroor in aanstaande week se uitgawe, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'