Update
STILBAAI Nadat drie mak varswaterpalings deur 'n dier gevang en doodgemaak is, het die Stilbaai Toerismeburo, wat in die Palinggat-opstal gehuisves word, borgskappe vir 'n elektriese heining ontvang om gediertes uit te hou.
Danksy die Stilbaai-bewaringstrust en Elfrieda Muller se bydraes kon die nodige toerusting aangeskaf word, terwyl Paul de Villiers die installasie sal behartig.
Intussen het Jean du Plessis van Stilbaai-natuurbewaring bevestig dat hulle Dinsdag 27 Maart 'n watermuishond in een van die twee hokke gevang het.
Hulle het egter ook ottermis naby die heining gekry en kan hy nie bevestig of die palings deur 'n otter of watermuishond gevang is nie.
Die watermuishond is weer elders vrygelaat. Die palings word daagliks om 11:00 in die varswaterfontein by die Palinggat-opstal gevoer en besoekers is welkom om dié unieke ervaring te deel.
Lees vorige artikels:
ARTIKEL: ELZA THIART-BOTES, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'