STILBAAI NUUSFLITS - Die plaaslike span, Inverroche van Rynor Becker (jaer) en Hugo Erasmus (medejaer) wat die afgelope naweek aan die tweede ronde van die nasionale kragbootkampioenskap in Oos-London deelgeneem het, het Saterdag 'n derde plek in die Pro Stock-klas in die branderkompetisie behaal.
Hulle was tydens Sondag se 90km-langafstandvaart wéér derde nadat hulle 'n halfuur voor die ren by Orient-strand hul boot se enjin moes oorbou.
Die span het ondanks die teëspoed hul voorsprong op die nasionale puntestand vergroot en is steeds eerste met nog twee rondes van die kampioenskap oor.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
ARTIKEL: ELZA THIART-BOTES, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'