STILBAAI NUUSFLITS - Die plaaslike hengelklub slaag Saterdag 4 November op eie bodem daarin om 155,49 tydens die derde somerliga van die Eden hengel assosiasie aan te teken en vaar dus die beste op die betrokke dag.
AJ de Beer van die klub is die top hengelaar van die dag met 54,71punte. Die top junior is Marius Baard (o.21) van George met 20,64 punte, die top meester Deon Naude van Triton met 40,68 en die top dame Marizelle Esterhuizen met 14,62 punte.
Sy was ook die top onder 16-hengelaar.
Die grootste eetbare vis, 'n baardman van 6,15 kg is deur Attie Barnardo van Outeniqau gevang en die swaarste oneetbare vis, 'n bulrog pylstert van 43,90 kg deur Paul Kruger van Triton.
Die totale massa vis wat gevang is, was 596,58 kg en 143 hengelaars aan die liga deelgeneem.
Volledige uitslae in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'